Albertinia Meubelvervoer

Blink sterre by spogtroue in Albertinia

Vanie Oostuizen en die Nutsman

DENISE LLOYD
22/04/2009 Die Burger

Albertinia. - Goewerneurs en selfs ’n staatspresident het al die koets gebruik om parlement toe te ry, en Saterdag het ’n pragtige bruid dit reggekry om die hele Albertinia na hul asems te laat snak. Kort voor vier die middag het die dorp tot stilstand gekom toe me. Elize Steyn in die Landau-koets wat in 1880 in Engeland gebou is en wat deur twee swierige perde getrek is deur die strate na die kerk toe gery het. Die koets is in die vroeë 1900’s na Suid-Afrika ingevoer en dit is deur die burgermeester van Durban gebruik. Daarna het die koets ’n tuiste in Kaapstad gekry, waar dit gebruik is om die goewerneurs na die parlementsopening te vervoer.

Oudpres. C.R. Swart is ook met hierdie einste koets parlement toe geneem. Die handgemaakte rooi leersitplekke spreek van vakmanskap wat deesdae maar skaars is. Elize se bruidegom, mnr. Vanie Oosthuizen van Albertinia Meubelvervoer, het darem self onder luide toejuiging en met ’n besonderse voertuig, ’n gerestoureerde Chevrolet 1934, by die kerk opgedaag. Die egpaar se seremoniemeester was niemand anders nie as Riaan Garforth-Venter (beter bekend as die Nutsman).

Riaan was in 1994 Vanie se houtwerkonderwyser by die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn. Toe Riaan later die Nutsman geword het, het Vanie die meubels vir die eerste reggemaakte huis aangery. So het hul vriendskap gegroei en Vanie vervoer nog steeds die meubels. Hy is ook die borg van ’n vierwielmotorfiets wat in die program gewen kan word.

Riaan en sy vrou, Michelle Garforth-Venter, bekende televisie-aanbieder van veral natuurprogramme, is tans besig met die skiet van materiaal vir die loodsprogram van hul nuwe reeks, Black Diamond.
Die program se basislyn is daarop gegrond dat ’n mens “iets van bykans niks” kan maak.
Soos die Pegasus-maatskappy in Kaapstad, wat die Chevvy van ’n stuk metaal tot glorie gerestoureer het, so beplan die Garforth-Venters om mense se lewens op die program te verryk: van nêrens tot sterstatus.
Die swart Chevvy, wat in die toekoms as deel van ’n SMS-kompetisie gewen kan word, is deur Riaan en Michelle van Kaapstad tot op Albertinia gery, spesiaal vir die Oosthuizens se troue.

Die Gosforth-Venter egpaar is reeds op pad Johannesburg toe met die swart gevaarte.

 

 

More News
 

Looking for a quotation? Please download and complete a quotation form and send it back to us. Afrikaans or English.


Ons Missie!

Albertinia Meubelvervoer; 'Strewe vir kwaliteit en bekostigbare vervoer vir almal, asook die onderhou van alle regverdigheid in alle opsigte van dienste. Vervoer, die hartklop van Albertinia!'

Our Mission!

Albertinia Meubelvervoer; 'Strives for quality and affordable removal for all, al well as the upholding of all fairness with regard to services. Vervoer, die hartklop van Albertinia!'


Should you have any questions or suggestions please feel free to contact us by clicking here...

News

 
Bottom